saddle@studbook.co.za  
Banned, Controlled and Prohibited Substances

Banned, Controlled and Prohibited Substances

 

Please note:

In South Africa the following substance has changed from a Controlled to a Banned Substance:
Phenylbutazone (also known as Bute)

PHENYLBUTAZONE RESCHEDULED AND DECLARED A PROHIBITED SUBSTANCE
Phenylbutazone has been rescheduled as a Schedule 7 substance (previously a Schedule 6 medicine) and consequently declared a prohibited substance, effective as from 8 May 2014, the date of publication of the Amendment to the Schedules (including Schedule 7) published in terms of section 22A of Act 101 of 1965 in Government Gazette Number 37622 under Notice Number R352.
The amendments, including the rescheduling came into operation on the date of publication of the Government Gazette. In short it means that NO PERSON may acquire, use, possess, manufacture or supply a Schedule 7 substance.

 

SALISIELSUUR IN SPORTPERDE: Saalperdgenootskap van SA

Die NHRA het ‘n dringende waarskuwing gerig rakende die gebruik van salisielsuurbevattende produkte in/op perde wat deelneem aan kompetisies. ‘n Skielike drastiese toename van die middel in bloedvlakke van perde wat getoets is vir verbode middels in verskeie dissiplines van perdesport het die soeklig op die bestanddeel/substans geplaas.

Salisielsuur is ‘n natuurlike pynbeheermiddel wat ook in sekere plante aangetref word. Daarom het die FEI ‘n drumpelwaarde bepaal in bloed en uriene. Dit beteken in kort dat daar ‘n sekere vlak van salisielsuur in die perde se bloed toelaatbaar is, aangesien dit in deur kos/weiding ingeneem kan word. Plante waarin salisielsuur natuurlik voorkom is onder andere lusern en die bas van sekere wilgerbome (Willows) en ander weidings. Die drumpelwaarde soos bepaal deur die FEI is 750mikrogram salisielsuur per ml in uriene of 6.5mikrogram salisielsuur per ml in plasma. Wanneer die drumpelwaarde egter oorskry word, word dit as ‘n positiewe toets vir verbode middels beskou aangesien geen natuurlike inname die hoë vlakke tot gevolg kan hë nie (die drumpelwaardes is deur middel van wetenskaplike studies bepaal) en hoë vlakke is dan noodwendig van ‘n ander bron afkomstig, soos orale, rektale of dermale preparate wat deur eienaars, afrigters of ruiters gebruik word net voor of tydens kompetisies.

Daar is ‘n hele aantal kommersiële menslike en veterinêre produkte waarin salisielsuur voorkom. Dit kom voor in Aspiriene (die gebruik daarvan direk of tydens ‘n rit is duidelik verbode – sien lys aangeheg, verskaf deur dr Glyn Catton); rektale preparate (ook natuurlik verbode en slegs op voorskrif beskikbaar) en preparate wat op die vel van diere/mense aangesmeer kan word. Die middel penetreer die vel en word dan in die bloedstroom opgeneem. Hierdie middels is die mees algemeen gebruikte vorm van salisielsuur in perde en daarom word die ruiters/eiernaars/afrigters gewaarsku om te let op die middels wat topikaal (op die vel) van deelnemende perde gebruik word. Gel preparate en verbande veroorsaak ook ‘n verlengde kontaktyd van die middel met die vel en dus ‘n verhoging in die vlak van opname.

Voorbeelde van middels wat salisielsuur of van sy derivate bevat is: (LW: hierdie is geensins ‘n volledige lys nie en die eienaar/ruiter/afrigter word gemaan om met elke produk wat gebruik word voor of tydens die deelname aan ’n skou, sekerheid te kry of die produk salisielsuur bevat deur op die voubiljet te lees.)

Antiseptic Dusting Powder; Pottie’s Green Ointment; Rudduck’s Green Ointment; Vetsense Otiderm; inspuitbare preparaat genaamd Salsprin; Dermcusal; Phlegmon Black Label ointment; Pottie’s Electric Oil; R-Iodine; Sprain Liniment Gel; Vet Balm; Sebbaderm; Antipoel Ointment; Diprosalic Ointment/Lotion; Elosalic Ointment; Posalfilin Ointment; Counterpain Ointment; Docrub Ointment; Sloan’s Heat Rub cream; Thermo Rub; Rigly Horse Liniment; Udder balm like Golden Udder; Deep Heat Rub; Equiline Liniment Liquid; Oil of Wintergreen; Oticlear; Dr Scholl’s se produkte (Callus remover, Clear away); Exoderm; Kenakort A; Duocylat; Sodium salicyl; Salivet en ander.

NB: Enige produk wat salisielsuur (Salicylic acid), Asetielsalisielsuur (Acetylsalicylic acid) of Metielsalisielsuur (Methyl salicylic acid) bevat moet asb nie gebruik word/aangewend word/ onder verbande gesmeer word vir 3 dae voor die aanvang van ‘n skou nie.

Indien natuurlike vlakke oorskry word, sal dit as ‘n positiewe toets vir verbode middels aangemeld word.

DOCUMENTS TO DOWNLOAD

# Name Description
1. 2017 Equine Prohibited Substances List Prohibited Substances
2. 2017 Equine Prohibited Substances List Banned Substances
3. 2017 Equine Prohibited Substances List Controlled Substances
  Left click the document name to view the document or Right click the document name and Select Save Target as... to download the document to your computer.